Blou-oog Julie

Blou-oog Julie van die Noordkaap
Met jou sussie se blomme rok
Dans jy kaalvoet in die stofpad
Skop die wolke vol droogte op

Die ou ooms het gefrons
En die tannies het kop geskud
Maar ‘n vreemde tipe vreugde
Het vlak in jou oë geblink

Blou-oog Julie van die Noordkaap
Op die stoep van julle spoorweg huis
Sing jy sad songs in die skemer
Terwyl jou boetie saam die deuntjie fluit

Die dorp seuns het soos aasvoëls
Deur die doringdraad gekyk
Want Blou-oog Julie van die Noordkaap
Was te mooi vir hierdie dorp van my

En Julie ek hoop ek kan jou eendag kry waar die Suiderkruis sy stert heen wys
Al die lang lang jare
Het jy net êrens weg gekruip

En trek weer jou sussie se blom rok aan
Dan dans ons twee dat die stof so staan
Veilig en tevrede net ons onder die sekelmaan

Blou-oog Julie van die Noordkaap
Was vir mense se boosheid blind
En almal wat oor haar pad kom
Was net nog ‘n Jesus kind

Sy’t een aand met ‘n vreemde kar
Die donker in gery
En nooit daarna eers ‘n teken
Van haar weer ooit gekry

Blou-oog Julie van die Noordkaap
Wat dans en sing in die reën
Dis hoe ek jou imagine
Deur al hierdie jare heen

Die mense kan maar vergeet
Maar die memory sal by my bly
Julie van die spoorweg huisie was te mooi vir hierdie dorp van my

En Julie ek hoop ek kan jou eendag kry waar die Suiderkruis sy stert heen wys
Al die lang lang jare
Het jy net êrens weg gekruip

En trek weer jou sussie se blom rok aan
Dan dans ons twee dat die stof so staan
Veilig en tevrede net ons onder die sekelmaan

Músicas más populares de Adam Tas

Otros artistas de Middle of the Road (MOR)