Afrikagrond

Hierdie land van ons is splinters
Sit vir altyd vas in my vingers
My hande het sy klip gebreek
‘n Ploegskaar tot in sy murg gesteek

En ek dra met trots die brandmerk
Van die roewe Afrika son
Hy is getatoeëer op my
En ek staan gebuig voor hom

Ek groet Suid-Afrika
As nog ‘n dag in die stof gaan rus
As die nag kom spoel oor ons kontinent
En Afrika weer donker is

Ek vra jou Afrika (Ek vra jou Afrika)
My jeans se knieë is deurgeskaaf
Kan ek jou vanaand tot by my Here dra?
En elke nag wat volg daarna?

Ek verlos my binne vlinders
Op soek na 'n nuwe horison
Hierdie land het hom droog gebloei
Vir ‘n bloeisel tyd wat weer moet kom

Op ons wat nou onwelkom is
Wag die uitverkore taak
Die weeskinders van Afrika
Wat ‘n toekoms op hierdie grond moet maak

Ek groet Suid-Afrika
As nog ‘n dag in die stof gaan rus
As die nag kom spoel oor ons kontinent
En Afrika weer donker is

Ek vra jou Afrika (Ek vra jou Afrika)
My jeans se knieë is deurgeskaaf
Kan ek jou vanaand tot by my Here dra?
En elke nag wat volg daarna?

Ek groet Suid-Afrika
As nog ‘n dag in die stof gaan rus
As die nag kom spoel oor ons kontinent
En Afrika weer donker is

Ek vra jou Afrika (Ek vra jou Afrika)
My jeans se knieë is deurgeskaaf
Kan ek jou vanaand tot by my Here dra?
En elke nag wat volg daarna?
Vir jou Suid-Afrika

Músicas más populares de Adam Tas

Otros artistas de Middle of the Road (MOR)