Kyk diep in my oe

Wat voel dan beter as liefde?
Daai gevoel wat jou laat aand wakker hou
Niks is tog meer as mooi woorde
Daai oomblikke wat ons vashou

Dis daai doellose aande
Die lag en stories en jou hand vashou
Daai stoute trek in jou oë
Daai speelsheid waarvan ek so hou

Kyk diep in my oë, kyk dwarsdeur my
Dis waar liefde in my bly
Wat jy sien is wat jy kry

Kyk diep in my oë en jy sal weet
Jy is als waarvan ek hou
En my hart behoort aan jou
En op wolk nommer nege wil ek bly
Dit is liefde en dis wat ek by jou kry

Oral om my sien ek jou
Ek maak my oë toe en ek weet jy's daar
My klere ruik sommer na jou
Die maan en die sterre spel jou naam

O jou lippe vertroos my
Jou glimlag steel die hart uit my
Dis in jou stem en jou woorde
Net die plek waar ek ook kry

Kyk in my oë, kyk dwarsdeur my
Dis waar liefde in my bly
Wat jy sien is wat jy kry

Kyk in my oë en jy sal weet
Jy is als waarvan ek hou
En my hart behoort aan jou (Behoort aan jou)
En op wolk nommer nege wil ek bly
Dit is liefde en dis wat ek by jou kry

Verliefdheid kan jy nêrens koop nie
Niemand kan jou daarvan keer nie
Niks voel beter as daai simpelgeid

Daai gevoel kan jy nie kies nie
Tot jy dit voel sal jy nie weet nie
Dis waar alles tog begin

Kyk diep in my oë, kyk dwarsdeur my
Dis waar liefde in my bly (Liefde in my bly)
Wat jy sien is wat jy kry

Kyk diep in my oë en jy sal weet
Jy is als waarvan ek hou (Waarvan ek hou)
En my hart behoort aan jou (My hart behoort aan jou)

En op wolk nommer nege wil ek bly
Dit is liefde en dis wat ek by jou kry (By jou kry)
En op wolk nommer nege wil ek bly
Dit is liefde en dis wat ek by jou kry (By jou kry)

Músicas más populares de 4Werke

Otros artistas de Middle of the Road (MOR)