Voorbeelde

Jy dink die gras is altyd groener
Aan die ander kant
Van waar jy staan

Jy dink jy verdien nog soveel beter
As wat jy het
Weet jy wat jy het?

So voor jy finaal besluit
Dink weer ‘n keer en hoor my uit

Daar is voorbeelde wat uitroep, voorbeelde wat vir jou sê
Dis nie die moeite werd
Daar is voorbeelde wat uitskree, voorbeelde wat vir jou wil sê
Hou wat jy het
Want wat jy het is oor en oor die moeite werd

Onthou wat jy haar als beloof het
Deur dik en dun
Sal ek by jou staan

Toe was dit meer as net mooi woorde
Sê dit nog ‘n keer (Nog 'n keer)
Glo dit weer en weer (Weer en weer)

En voor jy finaal besluit
Dink weer ‘n keer en hoor my uit

Daar is voorbeelde wat uitroep, voorbeelde wat vir jou sê
Dis nie die moeite werd
Daar is voorbeelde wat uitskree, voorbeelde wat vir jou wil sê
Hou wat jy het
Want wat jy het is oor en oor die moeite werd

Voor jy finaal besluit
Dink weer ‘n keer en hoor my uit

Daar is voorbeelde wat uitroep, voorbeelde wat vir jou sê
Dis nie die moeite werd
Daar is voorbeelde wat uitskree, voorbeelde wat vir jou wil sê
Hou wat jy het (Hou wat jy het)
Want wat jy het is oor en oor die moeite werd

Músicas más populares de M

Otros artistas de Electro pop