Boerseun se droom

Waar die hemel en die aarde aan mekaar raak
En die sekelmaan die donker in twee kraak
Waar die rooi sand aan die blou van die see vat
Die Karoo verlang na die reëns nat

Daar lê ‘n Boerseun se droom
Hy dra sy taal as sy kroon
Met sy hart op sy mou
Sy voete op die grond
Sy hande saam gevou
Op sy knieë voor die altaar want hy weet sy Here is daar

Waar die rivier sy loop deur kameelbos stoot
En drome laat wegdryf na die see
Waar die wingerdstok vas in die kalk druk
En die kinders baljaar in ‘n sinkbad

Daar lê ‘n Boerseun se droom
Hy dra sy taal as sy kroon
Met sy hart op sy mou
Sy voete op die grond
Sy hande saam gevou
Op sy knieë voor die altaar want hy weet sy Here is daar

Daar lê ‘n Boerseun se droom
Hy dra sy taal as sy kroon
Met sy hart op sy mou
Sy voete op die grond
Sy hande saam gevou
Op sy knieë voor die altaar want hy weet sy Here is daar

Músicas más populares de Adam Tas

Otros artistas de Middle of the Road (MOR)